Meer Oor Ons


V.E.K. Secunda is 'n gemeente van die Volle Evangelie Kerk van God in Suiderlike Afrika en deel van die Kruisgenerasie Netwerk van Gemeentes.


Ons strewe is verhoudings.
●  Intieme Verhouding met God drie enig, Vader, Seun en Heilige Gees.
● Verhouding met mekaar in liefde en eenheid.
●  Verhouding met ons gemeenskap deur sout en lig te wees.


Ons passie is mense en dat dit met hulle goed sal gaan soos dit met hulle siele goed gaan.
●  Ons wil herstel bring in die verhouding tussen God en Sy kinders deur kragtige aanbidding en woordbediening.
●  Ons wil herstel bring in verhoudings tussen mense en die kerk deur 'n Bybelse liggaam te wees wat omgee en broederlike liefde uitleef.
●  Ons wil mense in ons gemeenskap in verhouding met God bring deur sout en lig te wees.


Volle Evangelie Kerk Secunda:
’n Huis waar Seuns en Dogters van God nader groei om Jesus se Koningsheerskappy sigbaar te maak.
Ons groei nader deur die volgende kernwaardes:

N - Naaste Liefde wat my nader aan ander bring.
A - Aanbidding wat God behaag en my nader aan Hom bring.
D - Dissipelskap wat my nader aan my Goddelike doel bring.
E - Evangelisasie wat my nader aan die gemeenskap bring om hulle te raak.
R - Rentmeesterskap wat my nader aan my God se standaard bring en my 'n getuienis gee.


Vir die leerstelling van die Volle Evangelie Kerk volg hierdie skakel: http://www.nader.co.za/leerstellings.pdf


Full Gospel Church Of God webtuiste http://www.fgcsa.co.za